Die plaas Edenburg is ‘n 1 100 hektaar wildsplaas geleë in die Swartruggens distrik. Edenburg is ‘n bergplaas met verspreide bergvlaktes en gedeeltes is dig bebos wat dit uniek maak vir ‘n verskeidenheid wildspesies. Daar is ses damme op die plaas, waarvan twee ‘n aantal visspesies bevat. Die uitsigte en natuurskoon is betowerend met die alwyne, sekelbos en swartkaree as kenmerk van bosveld en berggebied. Diere wat op die plaas aangetref kan word, sluit onder meer koedoe’s, zebra’s, kameelperde, rooibokke, swartwitpense, nyala’s, springbokke, elande, blouwildebeeste, gemsbokke en buffels in.
Wat Doen Ons
Wie is ons
JORRIE JORDAAN
EIENAAR
CONRAD KILIAN
BESTUURDER
LENÉ KILIAN
ASSISTENT BESTUURDER