Die plaas Edenburg is ‘n 1 100 hektaar wildsplaas geleë in die Swartruggens distrik. Edenburg is ‘n bergplaas met verspreide bergvlaktes en gedeeltes is dig bebos wat dit uniek maak vir ‘n verskeidenheid wildspesies. Daar is ses damme op die plaas, waarvan twee ‘n aantal visspesies bevat.
Die uitsigte en natuurskoon is betowerend met die alwyne, sekelbos en swartkaree as kenmerk van bosveld en berggebied. Diere wat op die plaas aangetref kan word, sluit onder meer koedoe’s, zebra’s, kameelperde, rooibokke, swartwitpense, nyala’s, springbokke, elande, blouwildebeeste, gemsbokke en buffels in.
WIE IS ONS

JORRIE JORDAAN
EIENAAR

CONRAD KILIAN
BESTUURDER

LENÉ KILIAN
ASSISTENT BESTUURDER